Met die afsterwe van ‘n geliefde , kom mens redelik vinng tot die besef hoe baie reëlings daar om die dood van iemand naby aan jou is. Al die aspekte wat verband hou met die begrafnis tot die uiteindelike oprigting van die grafstene kan baie van jou tyd en energie opneem. Maar, afgesien van die tyd wat jy as familielid of vriend moet spandeer op hierdie reëlings, kan die komponent van die koste nie vergeet word nie. Dit kan veral moeilik wees indien die oorledene geen beleid in plek gehad het om finansieel by te staan in hierdie verband nie. Om hierdie rede, het Tombco Gauteng besluit dat ons hoë gehalte grafstene in Gauteng beskikbaar sal stel teen markverwante pryse.
Tombco Gauteng, verkoop die volgende tiepes graniet gafstene:
As gevolg van die feit dat grafstene basies ‘n laaste herdenking verteenwoordig van jou geliefde, beskou ons by Tombco die oprigting van grafstene in Gauteng as ‘n noodsaaklike deel van die rouproses. Ons glo dat die finansiële probleme nie in die pad moet staan van die familie en vriende nie sodat hul ter ere van die oorledene geliefde deur middel van grafstene in Gauteng ‘n herrinering kan op rig. Dit sal dan dien om jou gemoedsrus te gee deur te weet dat daar ‘n spesiale plek geskep is in die liefdevolle herinnering van die oorledene , sodat jy die geleentheid kan he om hierdie grafstene op ‘n gereelde basis te besoek.
Tombco Gauteng bied ‘n lewenslange waarborg op alle grafstene deur hulle vervaardig.
Tombco Gauteng is al vir jare in die industrie gesien as ‘n besigheid met ondervinding, vaardighede en kennis ten opsigte van die grafsteen bedryf en is spesialiste in die vervaardiging, verskaffing en oprigting van grafstene in Gauteng. Deur die gebruik van of marmer of graniet as die vernaamste produkte in die vervaardiging fase van grafstene in Gauteng, gee ons ons kliënte ‘n lewenslange waarborg op alle grafstene wat deur ons vervaardig en opgerig is. Jy het ‘n keuse tussen talle grafstene in Gauteng, waaronder kinder grafstene, volwasse grafstene en dubbel grafstene ingesluit is.
![]() | ![]() | ![]() |
Dit maak dus nie saak wat jou behoeftes is ten opsigte van grafstene in Gauteng wanneer ‘n geliefde sterf nie, ons by Tombco Gauteng is seker dat ons die perfekte grootte, ontwerp en kleurskema beskikbaar sal. Met jou afspraak by Tombco Gauteng, sal jy dadelik besef dat ons hoë gehalte grafstene in Gauteng beskikbaar stel teen baie bekostigbare pryse.